Dear Valued Customers, as the year concludes, we want to express our gratitude for your continuous support. Our annual break is scheduled from 17 December to 15 January, during which our team will be recharging for the new year. While you can still place orders on our website, please be aware that order fulfillment will resume on 16 January 2024.

Man in die Maan

Etienne Fourie

Regular price R 150.00 Sale price R 280.00

Man in die maan is 'n splinternuwe roman uit die pen van die bekende draaiboekskrywer, Etienne Fourie. 


Sedert die dag toe die maan deur ’n asteroïde getref is, weet almal dat dit onafwendbaar is: dis die begin van die Einde. Maar niemand weet presies wanneer die wêreld gaan eindig nie. Afgesien van Elias Winter en sy gemeente wat in poeierblou klede by die meer bymekaarkom en wag op tekens van die eindtyd, twee jongmense wat hals-oor-kop wil trou, en die heldersiende veertienjarige Hennie wat snags rondloop, gaan die lewe op Dennehoop eintlik ongesteurd voort.
Maar dan verdwyn Stegman, die opdringerige makelaar wat alewig versekering aan almal probeer verkwansel, spoorloos. En terwyl Kaptein Emma Rosely die gerugte oor ’n reeksmoordenaar probeer aanspreek, kom sy agter dat die inwoners van Dennehoop ’n klomp geheime vir mekaar wegsteek.

Etienne Fourie is ’n visuele kunstenaar en bekroonde draaiboekskrywer en regisseur in Kaapstad. Hy is onder meer bekend vir films soos Die Windpomp (2014), Dis Koue Kos, Skat (2016), Liewe Kersfeesvader (2017) en Stiekyt (2021). In 2019 maak hy sy debuut as regisseur vir ’n TV-reeks (Tydelik Terminaal) en ’n toneelstuk (Nagskofkliek). Man in die maan is sy debuutroman.

Close (esc)

SUBSCRIBE TO OUR NEWSLETTER

We wont spam you, just a newsletter here and there

Age verification

By clicking enter you are verifying that you are old enough to consume alcohol.

Search

Shopping Cart

Your cart is currently empty.
Shop now