Op 'n Mooi Dag

Irna van Zyl

Regular price R 150.00 Sale price R 260.00

“Dis die langste wat ek nóg moes raai oor wie die moordenaar is, net om heeltemal verkeerd te wees. Van Zyl ken haar stede, sy ken haar platteland
en sy ken haar intrige!”  – Kabous Meiring
 
Met Louw Roodt se verdwyning ná ’n werkgeselligheid word Kristien Liebenberg se grootste vrees bewaarheid: Haar lewensmaat kom nie huis toe nie. 
Was Louw in ’n ongeluk, het sy ’n affair, is sy ontvoer, aangerand, of erger, in die sandduine en bosse van die Kaapse Vlakte vir dood agtergelaat? Of het dit met hulle groot bekgeveg die oggend te doen?
Toe breek die nuus van ’n man wat in ’n Kaapse hotel vermoor is. Dieselfde hotel waar Louw was. Dieselfde aand as wat sy verdwyn het. Dieselfde man wat vroeër dié dag die gasspreker by haar werk was. Het Louw iets met die moord te doen en vlug sy nou? Die polisie dink so. Of hou die verdwyning verband met haar ma wat een-en-twintig jaar gelede voor hulle huis in Tamboerskloof met motor en al gekaap is? ’n Voorval wat vir Louw ’n groot sielkundige knou gegee het. 
Deur al die vrae en groeiende paniek, weet Kristien Louw is in die moeilikheid en sy moet haar red.
Close (esc)

SUBSCRIBE TO OUR NEWSLETTER

We wont spam you, just a newsletter here and there

Age verification

By clicking enter you are verifying that you are old enough to consume alcohol.

Search

Shopping Cart

Your cart is currently empty.
Shop now