Dear Valued Customers, as the year concludes, we want to express our gratitude for your continuous support. Our annual break is scheduled from 17 December to 15 January, during which our team will be recharging for the new year. While you can still place orders on our website, please be aware that order fulfillment will resume on 16 January 2024.

About

 

Die kinderboeke-onderneming Murray & Me is in 2015 gestig deur Charmaine Nolte & Milan Murray.

Na 6 suksesvolle kinderboek publikasies trek Murray & Me vanaf Maart 2021 ‘n nuwe baadjie aan. As woekerende entrepreneurs is ons duidelik bewus van die veranderende literatuur landskap asook die uitdagings wat die pandemie vir klein besighede bring.

Milan groet as direkteur van die maatskappy, maar sal as vryskud skrywer betrokke bly. Haar reeks kinderjoernale, getiteld “My Storie” is  ook  beskikbaar op die Murray & Me boekrak.

Vanaf Maart 2021 sal hierdie platvorm ‘n opwindende aanlyn boekrak wees, waar talle plaaslike werke beskikbaar sal wees. 

Die fokus van Murray & Me sal steeds wees om steeds Suid-Afrikaanse prenteboeke van gehalte te skryf en uit te gee wat taal vier, 'n liefde vir lees kweek en 'n gesprek tussen ouers en kinders oor lewensvaardighede en waardes aanwakker. Maar, Charmaine gooi die deure oop vir enige plaaslike skrywer of uitgewer wat hulle boeke en ‘boek-verwante’ produkte hier wil uitstal.

 

'n Bietjie meer oor Charmaine Nolte

Charmaine Nolte is 'n entrepreneur en ook een van die stigters van die Murray & Me. With over 10 years’ experience in online retail, her vision to produce quality children’s books led to the birth of the Murray & Me idiom series. 

 

Charmaine Nolte is 'n entrepreneur en een van die stigters van die maatskappy Murray & Me. Met jare se ondervinding in aanlynkleinhandel het haar visie om kinderboeke van gehalte te vervaardig gelei tot die geboorte van die Murray & Me-idioomreeks. 

As ma van twee (Amélie - 12 en Sebastiaan -11) benadruk sy die waarde van literatuur en taal-ontwikkeling in jong kinders en poog sy om stories te skep wat beide vermaaklik en opvoedkundig is.  “My kinders raak elke aand met ‘n boek op die voorkop aan die slaap! “ sê sy. “Hulle verslind stories. 

Charmaine sien uit om die Murray & Me platvorm te groei en ook om geleenthede te skep vir plaaslike skrywers en kunstenaars, om hulle werk vlerke te gee. 

 

 

 

 

 

 

Close (esc)

SUBSCRIBE TO OUR NEWSLETTER

We wont spam you, just a newsletter here and there

Age verification

By clicking enter you are verifying that you are old enough to consume alcohol.

Search

Shopping Cart

Your cart is currently empty.
Shop now