Thank you for visiting Murray & Me Books. We’re currently taking a break to recharge our batteries and will reopen on 15 January 2025. For any inquiries, feel free to email us at me@murrayandme.co.za, and we will prioritize your request as soon as we’re back. We appreciate your support and wish you a wonderful festive season, as well as a bright and successful start to the new year! ----------------------------------------- Dankie dat jy Murray & Me Books besoek het. Ons neem tans ’n bietjie tyd om ons batterye te herlaai en sal weer op 15 Januarie 2025 heropen. Vir enige navrae, stuur gerus ’n e-pos aan me@murrayandme.co.za, en ons sal jou versoek prioritiseer sodra ons terug is. Ons waardeer jou ondersteuning en wens jou ’n vreugdevolle feesseisoen toe, asook ’n blink en suksesvolle begin van die nuwe jaar!

Pieter Kokkewieter en die Hart op sy Mou | BRAILLE

Murray & Me

Product image 1Pieter Kokkewieter en die Hart op sy Mou | BRAILLE
Product image 2Pieter Kokkewieter en die Hart op sy Mou | BRAILLE
Product image 3Pieter Kokkewieter en die Hart op sy Mou | BRAILLE

Regular price R 120.00

ISBN 978-0-620-75331-9 

 

 Pieter Kokkewieter en die Hart op sy Mou is die eerste prenteboek in Murray & Me se reeks oor idiome.  Hierdie Braille weergawe van die oorspronklike boek - geskryf deur Milan Murray en ge-illustreer deur Marisa du Toit – is ideaal vir blinde en swaksiende kinders wat onverkorte braille begin leer.

Die illustrasies is pittig beskryf sodat die leser vir hom/haarself in Pieter se wêreld kan inleef.

 Die storie is gemik op 5 tot 9 jariges en gebruik die idioom ‘hart op die mou dra’ om die jong leser te help om die brug van konkrete na abstrakte denke oor te steek.

 Pieter Kokkewieter dra sy hart trots aan sy buitekant.  Almal weet hoe hy voel.  Maar op ‘n dag kry hy teëspoed en moet hy besluit of hy sy hart vir ewig in sy bors gaan toesluit.

 “Nee wat, dink Pieter, wie wil nou met sy hart in sy skoen loop?  Dan loop ek liewer met myne trots op my mou. 

En, vir die eerste keer in weke, het ‘n groot glimlag oor Pieter se gesig versprei.  So groot dat hy dit weer agter sy ore moes inhaak. 

Close (esc)

SUBSCRIBE TO OUR NEWSLETTER

We wont spam you, just a newsletter here and there

Age verification

By clicking enter you are verifying that you are old enough to consume alcohol.

Search

Shopping Cart

Your cart is currently empty.
Shop now