'n Trompet vir Thomas

Product image 1'n Trompet vir Thomas
Product image 2'n Trompet vir Thomas
Product image 3'n Trompet vir Thomas

Regular price R 150.00

Bilingual | Tweetalig

{ English  & Afrikaans } 72 pages - A5 + AUDIO CD

'n Trompet vir Thomas

Thomas is 'n avontuurlustige seuntjie.  Hy hou van speel en verbeel en ontdek.  Maar op 'n dag tuimel sy kleinseuntjie-wêreld inmekaar.  Hy het asma, sê sy huisdokter.

Wat nou van al sy drome en reise?
Wat nou van sy sport en ideale?
En wat nou van sy planne met Oupa se trompet..?

Thomas se vrese en vrae verdwyn egter soos mis voor die son wanneer die skool se sokkerheld vir hom 'n geheim vertel...

Hierdie prenteboek poog om vir jong kinders die feite en realiteite van asma te leer. 
Dit ontbloot die mites en die wolhaarstories oor hierdie diagnose en wys dat 'n asmalyer 'n normale en opwindende lewe kan lei.

10% van die opbrengs word geskenk !!

Die eerste 1 000 dae van ‘n kind se lewe is noodsaaklik vir hul toekoms. Die gehalte van versorging, voeding en onderrig wat hulle gedurende hierdie tydperk ontvang, kan ‘n beduidende invloed hê op hul vermoë om te leer, te groei en te floreer.  Ajuga, ‘n inisiatief van die Cipla Foundation, bied kinders toegang tot onderrig in Vroeë Kinderontwikkeling Sentrums (VKS).  Murray & Me sal 10% van die opbrengs uit die verkoop van hierdie boek, skenk aan Ajuga – ‘n inisiatief van die Cipla Foundation

 

Close (esc)

Popup

Use this popup to embed a mailing list sign up form. Alternatively use it as a simple call to action with a link to a product or a page.

Age verification

By clicking enter you are verifying that you are old enough to consume alcohol.

Search

Shopping Cart

Your cart is currently empty.
Shop now