My Storie Joernaal • Blou

Milan Murray

Product image 1My Storie Joernaal • Blou
Product image 2My Storie Joernaal • Blou
Product image 3My Storie Joernaal • Blou
Product image 4My Storie Joernaal • Blou
Product image 5My Storie Joernaal • Blou
Product image 6My Storie Joernaal • Blou
Product image 7My Storie Joernaal • Blou
Product image 8My Storie Joernaal • Blou

Regular price R 280.00

Die Blou Afrikaanse weergawe is tans uitverkoop. 
Epos ons gerus indien ons u naam op die lys kan plaas om een van die eerstes te wees wat die volgende druk ontvang. orders@murrayandme.co.za 

 Die My Storie Joernaal

In ‘n wêreld waar kinders oorgestimuleer word en gedruk word om op akademiese en sportgebied te presteer, word daar bitter min aandag gegee aan emosionele groei en geestesgesondheid. Kinders tussen die ouderdomme van 6 en 12 sukkel met self regulasie, stoei met swak selfbeeld en het ‘n gebrek aan toekomsvisie.

 Die My Storie Joernaal is die perfekte hulpmiddel vir self refleksie. Die pret aktiwiteite en kreatiewe impulse is slim gerig op die 6 - 12 jarige ouderdomsgroep om emosionele veerkragtigheid en 'n goeie selfbeeld te kweek. Hierdie 120 bladsy, A5 joernaal is professioneel saamgestel deur kundiges in die studierigtings sielkunde en spelterapie.

Opvoedkundige sielkundige Dr. Truida Botha skryf oor hierdie joernaal:

"Kinders van vandag leef in ‘n kompeterende, komplekse wêreld waar hulle daagliks interne en eksterne uitdagings moet trotseer. Dit is nou, meer as ooit, belangrik dat kinders bewus sal wees van hulle unieke innerlike hulpbronne, sterktes en veerkragtigheid. Die My Storie Joernaal skep die ideale platform vir 6-12 jarige kinders om op ‘n kreatiewe manier tot selfinsig te kom, eienaarskap van hulle unieke lewensstories te neem en sodoende hulle tienerjare bewustelik, met selfvertroue, en gesonde identiteit te betree. Die My Stoire Joernaal belê in die emosionele welstand, veerkragtigheid en sielkundige groei van kinders en bemagtig hulle om hulle unieke stempel in hulle wêreld af te druk.”

 

Close (esc)

SUBSCRIBE TO OUR NEWSLETTER

We wont spam you, just a newsletter here and there

Age verification

By clicking enter you are verifying that you are old enough to consume alcohol.

Search

Shopping Cart

Your cart is currently empty.
Shop now