Kop in die Wolke in Kromkieriefontein

Murray & Me

Product image 1Kop in die Wolke in Kromkieriefontein
Product image 2Kop in die Wolke in Kromkieriefontein
Product image 3Kop in die Wolke in Kromkieriefontein

Regular price R 150.00

Kop in die Wolke in Kromkieriefontein

Die mense van Kromkieriefontein loop almal met ’n krom rug en hangskouers, geboë soos ’n kierie. Hulle hou hul oë op die grond en kyk nie juis verder as hul volgende tree nie. Dit was maar nog altyd so in hierdie dorp waar dagdroom en lees verbied is.

 Almal behalwe Juffrou Kiertsregop wat penorent staan voor die Graad 2A-klas van Laerskool Kromkierie. Dahlia Dolgraag loer vir dié juffrou wat so anders is as die res en besluit net daar dat die Hoepelkrombende moet uitvind wat aangaan. Sy weet net waar om te begin… die hemelhoë huis op die bult waar Juffrou Kiertsregop elke Vrydag by haar geheimsinnige vriendin gaan kuier.

 In Kop in die wolke in Kromkieriefontein gaan Dahlia, Bella, Tienie en Tamara op ’n avontuur wat wys hoe wonderlik ’n wêreld vol drome en verbeelding kan wees.

 Kop in die wolke in Kromkieriefontein is die derde boek in Murray & Me se gewilde idioom-reeks – perfek vir selflees én saamlees. Hierdie reeks maak Afrikaanse idiome vir kinders lewendig deur Milan Murray se lekkerlees-stories met betowerende illustrasies deur Marisa du Toit.

 

Close (esc)

SUBSCRIBE TO OUR NEWSLETTER

We wont spam you, just a newsletter here and there

Age verification

By clicking enter you are verifying that you are old enough to consume alcohol.

Search

Shopping Cart

Your cart is currently empty.
Shop now