Dear Valued Customers, as the year concludes, we want to express our gratitude for your continuous support. Our annual break is scheduled from 17 December to 15 January, during which our team will be recharging for the new year. While you can still place orders on our website, please be aware that order fulfillment will resume on 16 January 2024.

Hetta Elizabetha en die Wêreld op haar Skouers

Murray & Me

Product image 1Hetta Elizabetha en die Wêreld op haar Skouers
Product image 2Hetta Elizabetha en die Wêreld op haar Skouers

Regular price R 150.00

ISBN 978-0-620-72383-1

Die tweede prenteboek in Murray & Me se idioom-reeks, “Hetta Elizabetta en die Wêreld op haar Skouers”,  is ’n noodsaaklike toevoeging tot enige kinder-boekrak. Die boek is weereens geskryf deur die aktrise Milan Murray en kleurvol geillustreer deur Marisa du Toit.

Die boek is in rym geskryf met ’n fokus op alliterasie, assonansie en metrum. Die strofes is in tradisionele limiriek-vorm gedruk, sodat die leser maklik die ritme kan volg.  Dit maak die boek dus ideaal vir selflees sowel as voorlees. 

Grondslagfase leerders is almal in verskillende stadiums in hulle verstaan van abstrakte denke.  Hierdie idioom-boek gebruik ‘n konkrete storie om die abstrakte idioom ‘dra die wêreld op sy skouers’ verstaanbaar te maak.  Daarmee saam word gesprek uitgelok oor probleme, sorge en bekommernisse en wat ons daarmee kan doen.

Hetta Elizabetta is ‘n sewejarige wat swaar dra aan alles wat haar pla.  Op ‘n dag, word die stapel probleme te veel en te swaar... Wat nou?

 Hetta Elizabetta Botha-Bouwer
Loop met ‘n vreemde wêreld op haar skouer.
Sy sukkel-sukkel sleepvoet
Want dié stapel kommer-goed
Laat voel haar sommer moeg en járe ouer.

 

Sy wonder – kry branders ook seer as hulle breek?
En wat gaan als swel as ‘n by haar sou steek?
Dink jy die tandemuis
Het ‘n woonstel of ‘n huis?
En kom AL die muise sáám om ons tande te bespreek?

 

 

Close (esc)

SUBSCRIBE TO OUR NEWSLETTER

We wont spam you, just a newsletter here and there

Age verification

By clicking enter you are verifying that you are old enough to consume alcohol.

Search

Shopping Cart

Your cart is currently empty.
Shop now