Thank you for visiting Murray & Me Books. We’re currently taking a break to recharge our batteries and will reopen on 15 January 2025. For any inquiries, feel free to email us at me@murrayandme.co.za, and we will prioritize your request as soon as we’re back. We appreciate your support and wish you a wonderful festive season, as well as a bright and successful start to the new year! ----------------------------------------- Dankie dat jy Murray & Me Books besoek het. Ons neem tans ’n bietjie tyd om ons batterye te herlaai en sal weer op 15 Januarie 2025 heropen. Vir enige navrae, stuur gerus ’n e-pos aan me@murrayandme.co.za, en ons sal jou versoek prioritiseer sodra ons terug is. Ons waardeer jou ondersteuning en wens jou ’n vreugdevolle feesseisoen toe, asook ’n blink en suksesvolle begin van die nuwe jaar!

POENANKIES • 'n Versameling kinderstories deur bekendes

Murray & Me

Product image 1POENANKIES • 'n Versameling kinderstories deur bekendes
Product image 2POENANKIES • 'n Versameling kinderstories deur bekendes
Product image 3POENANKIES • 'n Versameling kinderstories deur bekendes
Product image 4POENANKIES • 'n Versameling kinderstories deur bekendes
Product image 5POENANKIES • 'n Versameling kinderstories deur bekendes
Product image 6POENANKIES • 'n Versameling kinderstories deur bekendes
Product image 7POENANKIES • 'n Versameling kinderstories deur bekendes
Product image 8POENANKIES • 'n Versameling kinderstories deur bekendes

Regular price R 180.00

 

Hierdie bundel kinderverhale bevat 13 stories geskryf deur bekende Afrikaanse kunstenaars.

Hul bydraes wissel van kort gediggies soos YOMA se “My Ouma doen’it vir my” tot Gys de Villiers se fabel, “Mooiloop”. Arno Carstens raak spiritualiteit aan in sy storie “Gawie se Gesie” en Jana Cilliers se “Nulniks se nulle”, is vol simboliek en kinderlike verwondering.

Antoinette Louw se “Die avonture van Arrie en Lollie”, vertel die verhaal van ’n dogtertjie se middernagtelike reise saam met ’n vriendelike tarantula en Nathan Trantraal se “Waa’s my skoene”, skilder die komiese prentjie van twee susters se wedywering oor wie se lyding nou eintlik die grootste is.

Milan Murray skryf in "Daniël se kopklip" oor 'n ma wat 'n klip op haar kleuter se kop wil sit en Diaan Lawrenson se gedig "Jaap die knaap" handel oor 'n woelige, rooikop seuntjie met 'n aardige humeur. In Gielie Hoffmann se "'n Wolk mis" gaan ondersoek die kleine Rozanne wat anderkant die mis lê en in HemelBesem se verhaal "Kokkenotch vir jou" leer 'n jong seun by sy Oupa wat die vreemde woord 'Kokkenotch' nou eintlik beteken.

 

Bibi Slippers skep in 'Rafi en Rocky' 'n onderwater wêreld kompleet met seebrommers, seekomkommers, see-koeie en 'n see-kat.

 

Close (esc)

SUBSCRIBE TO OUR NEWSLETTER

We wont spam you, just a newsletter here and there

Age verification

By clicking enter you are verifying that you are old enough to consume alcohol.

Search

Shopping Cart

Your cart is currently empty.
Shop now