Dear Valued Customers, as the year concludes, we want to express our gratitude for your continuous support. Our annual break is scheduled from 17 December to 15 January, during which our team will be recharging for the new year. While you can still place orders on our website, please be aware that order fulfillment will resume on 16 January 2024.

'n Enekele Verhaal

Deon Wiggett

Regular price R 280.00

In November 2019 het My Only Story, Deon Wiggett se sensasionele weeklikse podsending, Suid- Afrika meegevoer in sy jag op die pedofiel wat hom as skoolseun verkrag het. Nou, in ’n Enkele verhaal, vertel hy vir die eerste keer ’n Afrikaanse storie in Afrikaans – en voltooi hy sy ontmaskering van Willem Breytenbach, die eens briljante onderwyser en latere mediabaas wat ’n donker lewe gelei het.
 
Deon se missie om ’n monster aan die kaak te stel, neem hom van Breytenbach se hoërskooljare by die landbouskool op Kroonstad na die beroemde Grey Kollege in Bloemfontein en die globale reus Naspers. Maar sy kruistog gaan soveel verder. Namate hy sistemiese tekortkominge by beroemde sowel as obskure skole ondersoek, onthul hy ’n kultuur van aandadigheid wat ’n ernstige gevaar vir ál Suid-Afrika se kinders inhou.
 
In die loop van sy ondersoek na mans wat op kinders jag maak, skep Deon ’n model wat enigiemand kan gebruik om pedofiele in hul midde te identifiseer. In sy eie woorde: “Dit is aangenaam om voor te gee dat mans nie kinders verkrag nie, maar as jy eers aanvaar dat dit gebeur, word dit verrassend maklik om die roofdiere uit te ken. Wanneer jy eers ’n universele patroon met ’n spesifieke man se profiel vergelyk, kan jy die bedrog raaksien voor dit te laat is.”
 
’n Enkele verhaal  is ’n boeiende, deurdagte en verrassend ondeunde storie van een man se vasberadenheid om sy kindertrauma te verwerk, ander te help om hul eie demone in die oë te kyk, en om ’n stukkie skoonheid terug te wen uit die jeug wat hy verloor het.
Close (esc)

SUBSCRIBE TO OUR NEWSLETTER

We wont spam you, just a newsletter here and there

Age verification

By clicking enter you are verifying that you are old enough to consume alcohol.

Search

Shopping Cart

Your cart is currently empty.
Shop now