Dear Valued Customers, as the year concludes, we want to express our gratitude for your continuous support. Our annual break is scheduled from 17 December to 15 January, during which our team will be recharging for the new year. While you can still place orders on our website, please be aware that order fulfillment will resume on 16 January 2024.

Vrien-trepreneurs | Murray & Me

“Ons deel ‘n grootmens-sandput” dink ek soms as ek oor my lessenaar loer en die stacatto tik van Charmaine se sleutelbord hoor.

 “Is besigheid met vriende nie ‘n bietjie waaghalsig nie?” vra iemand my nou die dag.  Ja, dink ek na. Dis moontlik ‘n landmyn ontploffing wat wag om te gebeur, maar dis nou al meer as vier jaar sedert ek en Charmaine gelyke vennote is in Murray & Me.  So far, so good. Toegegee, ons was aanvanklik meer ‘vriendelike kenisse’ toe ons hierdie maatskappy begin het, maar vriendskap het op ons gegroei en die fyn lyn tussen diplomatiese aanmaning en blatant eerlik wees is soms ‘n ragfyn stippellyn.

Ook die lyn tussen kla oor my kind en kla oor ‘n kliënt kan bietjie blur. En ‘n Whats-App ná ure wat uitloop op  ‘n noodvergadering tydens ‘n gesamentlike familie-braai verwar kind en kraai.

Ons moes leer waar die lyne lê.  Beide van ons het ook ander besighede, so dis nie net ons vriendskap wat sensitief bestuur moet word nie, maar ook ons dagboek indeling t.o.v ons ander lojaliteite.

 Maar ‘n boerin maak ‘n plan. Ons het nou twee Whats-App kommunikasie lyne – een vir vriendskap en een vir besigheid.  “Het jy vir my ‘n koppie olyf-olie?”hoort dus op die vriendskap-groep en “Sal ons die openings-illustrasie liewer volblad maak?” lê by besigheid.

Charmaine is ‘n naguil, so sy deel middernagtelike idees op die werkgroep wat ek gerieflik MUTE tot die volgende oggend.  Ek los weer ‘n 7am stem-boodskap op ‘n Maandag oggend wat Charmaine eers Dinsdag luister, want Maandag is nie ‘n Murray & Me dag in haar dagboek nie.  Maar as die vriendskap-lyn dou voor dag ‘pieng’, dan loer ons gou, want dalk het my vriendin my nodig.

 

Milan & Charmaine by Bosman Family Vineyards - Hermanus

Dit was ook nodig om te definieer wat ons onderskeidelike sterk punte is, want ‘too many cooks’ en so.  Dis moeilik vir twee drywers om te laat gaan waneer die ander een beter weet.  Charmaine is ‘n gebore entrepreneur wat verkope en tendense soos ‘n valk dophou.  Sy herinner my gereeld aan wat Marnus Broodryk onlangs gesê het en bespreek vir ons kaartjies by ‘n handelskou of netwerk geleentheid met voorlopers in ons industrie. Haar gesprekke word ge-krui met akkronieme soos SME’s en SCI’s en verskaffers word met ‘n hartlike stemtoon en ‘n ferm hand in toom gehou.

Ek sleep haar weer na PEN se voorlesing by die Tuin van Digters om die integrasie van stories, taal en kultuur te beleef en stel haar voor aan grensverskuiwende skrywers soos Nathan Trantraal en Bibi Slippers. Ek skakel met die media, sy met die klient.

Maar soms kry ons dit reg om die kantoor se deur dig toe te trek. Want tussen ambisie en familie en ideale en ons eie groei, is balans die belangrikste.

So ons stop om asem te haal.

Om teenwoordig te wees.

En om te speel – al is ons lankal grootmense.

 

FOTO KREDIET : Lizelle Lotter 

Older Post
Newer Post

Leave a comment

Please note, comments must be approved before they are published

Close (esc)

SUBSCRIBE TO OUR NEWSLETTER

We wont spam you, just a newsletter here and there

Age verification

By clicking enter you are verifying that you are old enough to consume alcohol.

Search

Shopping Cart

Your cart is currently empty.
Shop now