Dear Valued Customers, as the year concludes, we want to express our gratitude for your continuous support. Our annual break is scheduled from 17 December to 15 January, during which our team will be recharging for the new year. While you can still place orders on our website, please be aware that order fulfillment will resume on 16 January 2024.

Nuwe Kinderboek teen spesiale bekendstellingsprys!

Ons almal smag na 'n bietjie goeie nuus. Ons kinders is virus-voos en die toekoms bly onseker. Een positiewe in die Murray&Me huishoudings is dat ons kinders meer lees. Op stoepe en in hangmatte en in hoekies lê opgekrulde lyfies wat wegraak in stories. Dankie tog vir die magie van kinderliteratuur! 

Om hierdie rede is ons ekstra opgewonde oor die vierde boek in ons idioom-reeks Die Husse en die Klein Jakkalsies wat in September verskyn. Ten spyte van die uitdagings van die nasionale inperking kon ons hierdie spesiale prenteboek voltooi. 

Die storie is gebaseer op die idioom 'Dit is die klein jakkalsies wat die wingerde verniel' en wie is dan nou 'n beter protagonis as 'n Hus - 'n Hus met lang ore!

Die Husse Wipper en Dapper is boesemvriende. Waneer Goedemoed landgoed se wingerde oornag verwoes word, is die boer op die Husse sê spoor. Soos altyd waneer iets onverklaarbaar vreemd is, kry die Husse mos al die skuld. Maar almal kyk die klein spoortjies tussen die lanings mis... 

Die Husse en die Klein Jakkalsies is kleurvol geïllustreer deur Marisa du Toit en is 'n aanwins vir elke jong leser se boekrak. 

Terwyl die boek se ink droog word, kan jy vanaf 29 Julie tot 31 Augustus 'n getekende kopie bestel vir slegs R100. (Aflewering sal September plaasvind, mits die pandemie dit toelaat.) 

Belê in jou kind se verbeelding. Koop 'n Hus-boek of twee. Mag ons almal vir 'n rukkie wegraak in fantasie en verwondering. 

KLIEK HIER EN BESTEL NOU !

Lank lewe stories!

Milan  & Charmaine

Older Post
Newer Post

Leave a comment

Please note, comments must be approved before they are published

Close (esc)

SUBSCRIBE TO OUR NEWSLETTER

We wont spam you, just a newsletter here and there

Age verification

By clicking enter you are verifying that you are old enough to consume alcohol.

Search

Shopping Cart

Your cart is currently empty.
Shop now