Dear Valued Customers, as the year concludes, we want to express our gratitude for your continuous support. Our annual break is scheduled from 17 December to 15 January, during which our team will be recharging for the new year. While you can still place orders on our website, please be aware that order fulfillment will resume on 16 January 2024.

MURRAY & ME - Boeke nou in braille beskikbaar

Toe die kinderboek maatskappy Murray & Me in 2015 hulle deure oopmaak, was die oogmerk om Afrikaanse prenteboeke van hoë gehalte te skryf en publiseer.  Min het die twee stigters Charmaine Nolte en Milan Murray geweet dat hulle twee jaar later hulle produkte in Engels én Braille sou vertaal.

Die voorstel om in Braille te vertaal het die Murray & Me span aangenaam verras. “Dit was Dr. Suna Verhoef van die Pionierskool op Worcester wat ons genader het”, onthou Charmaine.  “Sy was ‘n gas by die bekendstelling van ons tweede boek ‘Hetta Elizabetta en die Wêreld op haar Skouers’ en het tydens die vraag-en-antwoord-sessie opgestaan en ons uitgedaag.  Die voorstel is met ‘n luide applous toegejuig en ons kon nie vir so ‘n opwindende uitdaging nee sê nie!”

 

 

 Aangesien die proses van druk en uitgee in Braille nog vir Murray & Me nuut is, het hulle gaan aanklop by die kenners by Pionierdrukkery op Worcester.  Milan praat met groot lof van hulle samewerking tydens die projek: “Danksy die geduld en leiding van Schalk Hugo en sy span is elke aspek van die proses – van proeflees tot uitleg en uiteindelik die meester kopie -  professioneel en met sorg aan ons verduidelik en uitgevoer.  Dis duidelik waar hulle kennis (en harte!) lê. ”

 

Die Braille weergawes van ‘Pieter Kokkewieter en die Hart op sy Mou’ en ‘Hetta Elizabetta en die Wêreld op haar Skouers’ is nou beskikbaar.  Bestellings kan van vandag af geplaas word by www.murrayandme.co.za

 … en die eerste Engelse vertaling volg!

  “Die versoeke vir ons boeke in Engels het reeds ná die publikasie van ons eerste boek ‘Pieter Kokkewieter en die Hart op sy Mou’ begin.  Ek was huiwerig omdat ons met soveel oorsese titels sou kompeteer.  Ek het bly keer vir ‘te vinnig te veel’ “ sê skrywer Milan Murray. 

 Maar noudat hierdie twee Momtrepreneurs hulle voete gevind het in die uitgewersbedryf, is hulle reg om met die eerste Engelse vertaling te waag.  Die Engelse vertaling van ‘Pieter Kokkewieter en die Hart op sy Mou’ sal in Junie 2017 beskikbaar wees.

 

 

Older Post
Newer Post

Leave a comment

Please note, comments must be approved before they are published

Close (esc)

SUBSCRIBE TO OUR NEWSLETTER

We wont spam you, just a newsletter here and there

Age verification

By clicking enter you are verifying that you are old enough to consume alcohol.

Search

Shopping Cart

Your cart is currently empty.
Shop now