Dear Valued Customers, as the year concludes, we want to express our gratitude for your continuous support. Our annual break is scheduled from 17 December to 15 January, during which our team will be recharging for the new year. While you can still place orders on our website, please be aware that order fulfillment will resume on 16 January 2024.

MURRAY & ME ondersteun die Zoë-Nal’ibali leesprojek!

Pieter Kokkewieter en Hetta Elizabetta help kinders lees! 

Met die klem op Wêreld boekdag hierdie afgelope week, deel ons graag ‘n projek na aan ons hart.  Die vermoë om te lees is kardinaal in die opheffing van gemeenskappe, en hierdie uitstekende inisiatief het gróót vooruitgang tot gevolg: 

Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans bied die Zoë-leesprojek al vir ‘n geruime tyd aan. Sedert 2016 word die projek ook in vennootskap met die regering se Gemeenskapswerkskeppingsprogram (Community Work Programme – CWP) in vier munisipaliteite implementeer – Theewaterskloof, Kaap Agulhas, Witzenberg en Cederberg). Die projek staan in hierdie vorm bekend as die Zoë-Nal’ibali leesprojek, aangesien die opleiding deur Nal’ibali behartig word. Die vierde vennoot is Lima Rural Development Foundation wat  bystaan met implementering in die veld.

Die hoofdoel van die Zoë-Nal’ibali leesprojek is om van kleins af ’n liefde vir lees by kinders te kweek en so geletterdheid te bevorder. CWP-deelnemers word opgelei om in hul posisie as klasasssitente in die grondlsagfase by ‘n plaaslike skool weekliks storie voorlesings te lei. Die sessies is interaktief en kreatief van aard en bevorder lees vir genot. Dié blootstelling dra by tot geletterdheidsontwikkeling en eerder streef om aanvullend tot die kurrikulum te werk.Die projek se oogmerk strek egter verder as die klassituasie, aangesien mens nie net die jong kinders wil bereik nie, maar ook die breër gemeenskap deur die projek wil bemagtig. Op dié wyse wil die projek die gemeenskap toerus met vaardighede wat los staan van die projek en dus op die lange duur ’n impak kan hê. Dit is dan ook die rede vir die uitvloeisel uit die voorleessessies, naamlik mini-biblioteke.

 

Die mini-biblioteek konsep skep vir kinders die geleentheid om die boeke wat voorgelees word, by die fasiliteerder uit te neem om dit self weer tuis te gaan lees. Nie net bevorder dit die leeskultuur nie, maar dit leer kinders ook om verantwoordelik met boeke om te gaan en hierdie ervaring tuis te deel.

Daar is tans ongeveer 110 lesers wat weekliks stories voorlees in die betrokke gebiede en is steeds besig om uit te brei. Ons glo dat voorlesing lei tot kinders wat uiteindelik self lees en dat die stories van ander tot die ontwikkeling van elkeen se eie “storie” lei.

Murray & Me bedank Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans vir hulle diens aan die gemeenskap.  Mag ons nog lank handevat en elke kind die voorreg tot boeke bied!

 

 

 

 

Older Post
Newer Post

Leave a comment

Please note, comments must be approved before they are published

Close (esc)

SUBSCRIBE TO OUR NEWSLETTER

We wont spam you, just a newsletter here and there

Age verification

By clicking enter you are verifying that you are old enough to consume alcohol.

Search

Shopping Cart

Your cart is currently empty.
Shop now