Thank you for visiting Murray & Me Books. We’re currently taking a break to recharge our batteries and will reopen on 15 January 2025. For any inquiries, feel free to email us at me@murrayandme.co.za, and we will prioritize your request as soon as we’re back. We appreciate your support and wish you a wonderful festive season, as well as a bright and successful start to the new year! ----------------------------------------- Dankie dat jy Murray & Me Books besoek het. Ons neem tans ’n bietjie tyd om ons batterye te herlaai en sal weer op 15 Januarie 2025 heropen. Vir enige navrae, stuur gerus ’n e-pos aan me@murrayandme.co.za, en ons sal jou versoek prioritiseer sodra ons terug is. Ons waardeer jou ondersteuning en wens jou ’n vreugdevolle feesseisoen toe, asook ’n blink en suksesvolle begin van die nuwe jaar!

Die My Storie Joernaal

Hierdie fenomenale joernaal is saamgestel deur Milan Murray en Christel Griesel. Die ongelooflike puik en effektiewe illustrasies is deur Lauren Nel.  

In ‘n wêreld waar kinders oorgestimuleer word en gedruk word om op akademiese en sportgebied te presteer, word daar bitter min aandag gegee aan emosionele groei en geestesgesondheid. Kinders tussen die ouderdomme van 6 en 12 sukkel met self regulasie, stoei met swak selfbeeld en het ‘n gebrek aan toekomsvisie.

 Die My Storie Joernaal is die perfekte hulpmiddel vir self refleksie. Die pret aktiwiteite en kreatiewe impulse is slim gerig op die 6 - 12 jarige ouderdomsgroep om emosionele veerkragtigheid en 'n goeie selfbeeld te kweek.

Hierdie 120 bladsy joernaal is professioneel saamgestel deur kundiges in die studierigtings sielkunde en spelterapie.

  

 Opvoedkundige sielkundige Dr. Truida Botha skryf oor hierdie joernaal:

"Kinders van vandag leef in ‘n kompeterende, komplekse wêreld waar hulle daagliks interne en eksterne uitdagings moet trotseer. Dit is nou, meer as ooit, belangrik dat kinders bewus sal wees van hulle unieke innerlike hulpbronne, sterktes en veerkragtigheid. Die My Storie Joernaal skep die ideale platform vir 6-12 jarige kinders om op ‘n kreatiewe manier tot selfinsig te kom, eienaarskap van hulle unieke lewensstories te neem en sodoende hulle tienerjare bewustelik, met selfvertroue, en gesonde identiteit te betree. Die My Stoire Joernaal belê in die emosionele welstand, veerkragtigheid en sielkundige groei van kinders en bemagtig hulle om hulle unieke stempel in hulle wêreld af te druk.”
Dit is 'n absolute voorreg om Die My Storie Joernaal op die boekrak by Murray & Me te verwelkom.
Mag ons kinders bemagtig word en elkeen hulle eie stempel afdruk met hierdie joernaal as 'n hulpmiddel.
CLICK HIER OM TE KOOP 
Charmaine
 
 
Older Post
Newer Post

Leave a comment

Please note, comments must be approved before they are published

Close (esc)

SUBSCRIBE TO OUR NEWSLETTER

We wont spam you, just a newsletter here and there

Age verification

By clicking enter you are verifying that you are old enough to consume alcohol.

Search

Shopping Cart

Your cart is currently empty.
Shop now