Thank you for visiting Murray & Me Books. We’re currently taking a break to recharge our batteries and will reopen on 15 January 2025. For any inquiries, feel free to email us at me@murrayandme.co.za, and we will prioritize your request as soon as we’re back. We appreciate your support and wish you a wonderful festive season, as well as a bright and successful start to the new year! ----------------------------------------- Dankie dat jy Murray & Me Books besoek het. Ons neem tans ’n bietjie tyd om ons batterye te herlaai en sal weer op 15 Januarie 2025 heropen. Vir enige navrae, stuur gerus ’n e-pos aan me@murrayandme.co.za, en ons sal jou versoek prioritiseer sodra ons terug is. Ons waardeer jou ondersteuning en wens jou ’n vreugdevolle feesseisoen toe, asook ’n blink en suksesvolle begin van die nuwe jaar!

Man in die Maan

Etienne Fourie

Regular price R 150.00 Sale price R 280.00

Man in die maan is 'n splinternuwe roman uit die pen van die bekende draaiboekskrywer, Etienne Fourie. 


Sedert die dag toe die maan deur ’n asteroïde getref is, weet almal dat dit onafwendbaar is: dis die begin van die Einde. Maar niemand weet presies wanneer die wêreld gaan eindig nie. Afgesien van Elias Winter en sy gemeente wat in poeierblou klede by die meer bymekaarkom en wag op tekens van die eindtyd, twee jongmense wat hals-oor-kop wil trou, en die heldersiende veertienjarige Hennie wat snags rondloop, gaan die lewe op Dennehoop eintlik ongesteurd voort.
Maar dan verdwyn Stegman, die opdringerige makelaar wat alewig versekering aan almal probeer verkwansel, spoorloos. En terwyl Kaptein Emma Rosely die gerugte oor ’n reeksmoordenaar probeer aanspreek, kom sy agter dat die inwoners van Dennehoop ’n klomp geheime vir mekaar wegsteek.

Etienne Fourie is ’n visuele kunstenaar en bekroonde draaiboekskrywer en regisseur in Kaapstad. Hy is onder meer bekend vir films soos Die Windpomp (2014), Dis Koue Kos, Skat (2016), Liewe Kersfeesvader (2017) en Stiekyt (2021). In 2019 maak hy sy debuut as regisseur vir ’n TV-reeks (Tydelik Terminaal) en ’n toneelstuk (Nagskofkliek). Man in die maan is sy debuutroman.

Close (esc)

SUBSCRIBE TO OUR NEWSLETTER

We wont spam you, just a newsletter here and there

Age verification

By clicking enter you are verifying that you are old enough to consume alcohol.

Search

Shopping Cart

Your cart is currently empty.
Shop now