Buy any 3 books & choose a FREE storybook! Ends 10 December 2026 · Shop Books →
Murray & Me
AboutReviewsBlog
Shop all
Books | Boeke

Afrikaans

  • Prenteboeke
  • Inkleurboeke
  • Kookboeke
  • Idioom Reeks
  • Fiksie
  • Nie-Fiksie
  • NUUT
  • Joernale

English

  • All English
  • Children's
  • Journals
  • All Afrikaans
Young Authors
Stationery
CD's & DVD's
More

Also from us

  • Gifts
  • Calendars
  • Boardgames
  • NUUT
Hetta Elizabetha en die Wêreld op haar Skouers
← Back to shop

Hetta Elizabetha en die Wêreld op haar Skouers

MURRAY & ME SELF-PUBLISHED

ISBN 978-0-620-72383-1

R150.00 incl. VAT

Buy any 3 books & choose a FREE storybook!

Ends 10 December 2026

ISBN 978-0-620-72383-1 Die tweede prenteboek in Murray & Me se idioom-reeks, “Hetta Elizabetta en die Wêreld op haar Skouers”, is ’n noodsaaklike toevoeging tot enige kinder-boekrak. Die boek is weereens geskryf deur die aktrise Milan Murray en kleurvol geillustreer deur Marisa du Toit. Die boek is in rym geskryf met ’n fokus op alliterasie, assonansie en metrum. Die strofes is in tradisionele limiriek-vorm gedruk, sodat die leser maklik die ritme kan volg. Dit maak die boek dus ideaal vir selflees sowel as voorlees. Grondslagfase leerders is almal in verskillende stadiums in hulle verstaan van abstrakte denke. Hierdie idioom-boek gebruik ‘n konkrete storie om die abstrakte idioom ‘dra die wêreld op sy skouers’ verstaanbaar te maak. Daarmee saam word gesprek uitgelok oor probleme, sorge en bekommernisse en wat ons daarmee kan doen. Hetta Elizabetta is ‘n sewejarige wat swaar dra aan alles wat haar pla. Op ‘n dag, word die stapel probleme te veel en te swaar... Wat nou? Hetta Elizabetta Botha-Bouwer Loop met ‘n vreemde wêreld op haar skouer. Sy sukkel-sukkel sleepvoet Want dié stapel kommer-goed Laat voel haar sommer moeg en járe ouer. Sy wonder – kry branders ook seer as hulle breek? En wat gaan als swel as ‘n by haar sou steek? Dink jy die tandemuis Het ‘n woonstel of ‘n huis? En kom AL die muise sáám om ons tande te bespreek?

Customer reviews

★★★★★
5 out of 5 · 2 reviews
See all reviews →
★★★★★
Verified
“
“Steeds een van ons absoluut gunsteling boeke! Pragtig geskryf, ons en ons kinders is mal daaroor!”
Marilize Nelson2 March 2026
★★★★★
Verified
“

Hetta Elizabetha

“We thought it was a great book with a beautiful life lesson / life advice. By sharing your problems with your loved ones we make each other's load more bearable.”
Carien Van Eeden2 March 2026

Hetta Elizabetha en die Wêreld op haar Skouers

R150.00 incl. VAT

Countrywide delivery

Shipped from Cape Town to your door, anywhere in South Africa.

Gift-ready wrapping

Every order is packed beautifully — ready to give as it arrives.

Secure checkout

Payments handled safely by Shopify — pay by EFT or bank deposit.

Murray & Me

Afrikaans and English children's books, story journals and gifts that make story time the best part of the day.

me@murrayandme.co.za

Shop

  • All books & journals
  • Books | Boeke
  • Young Authors
  • Stationery
  • CD's & DVD's

Afrikaans

  • Prenteboeke
  • Inkleurboeke
  • Kookboeke
  • Idioom Reeks
  • Fiksie
  • Nie-Fiksie

About

  • Our story
  • Shipping & returns
  • Customer reviews
  • Contact us

© 2026 Murray & Me · Kinderliteratuur

Secure checkout — we accept

  • EFT / Bank deposit

Made with love in South Africa

Edit with