Pieter Kokkewieter en die Hart op sy Mou

Pieter Kokkewieter en die Hart op sy Mou

Regular price R 130

 

 ISBN978-0-620-68175-9

Pieter Kokkewieter en die Hart op sy Mou is die eerste prenteboek in Murray & Me se reeks oor idiome.  Skrywer Milan Murray en illustreerder Marisa du Toit trek die jong leser in d.m.v ryk taalgebruik en gedetailleerde illustrasies.

 Hierdie kleurvolle prenteboek is gemik op 5 tot 9 jariges en gebruik die idioom ‘hart op die mou dra’ om die jong leser te help om die brug van konkrete na abstrakte denke oor te steek.

 Pieter Kokkewieter dra sy hart trots aan sy buitekant.  Almal weet hoe hy voel.  Maar op ‘n dag kry hy teëspoed en moet hy besluit of hy sy hart vir ewig in sy bors gaan toesluit.

 “Nee wat, dink Pieter, wie wil nou met sy hart in sy skoen loop?  Dan loop ek liewer met myne trots op my mou. 

En, vir die eerste keer in weke, het ‘n groot glimlag oor Pieter se gesig versprei.  So groot dat hy dit weer agter sy ore moes inhaak. 

Hy het finaal besluit.  Hy wil nooit ooit skaam wees om te wys hoe hy voel nie.”

 Die boek bestaan uit 32 bladsye met 15 illustrasies.