News

MURRAY & ME ondersteun die Zoë-Nal’ibali leesprojek!

MURRAY & ME ondersteun die Zoë-Nal’ibali leesprojek!

Pieter Kokkewieter en Hetta Elizabetta help kinders lees! 

Met die klem op Wêreld boekdag hierdie afgelope week, deel ons graag ‘n projek na aan ons hart.

Die vermoë om te lees is kardinaal in die opheffing van gemeenskappe, en hierdie uitstekende inisiatief het gróót vooruitgang tot gevolg: 

Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans bied die Zoë-leesprojek al vir ‘n geruime tyd aan. Sedert 2016 word die projek ook in vennootskap met die regering se Gemeenskapswerkskeppingsprogram (Community Work Programme – CWP) in vier munisipaliteite implementeer – Theewaterskloof, Kaap Agulhas, Witzenberg en Cederberg). Die projek staan in hierdie vorm bekend as die Zoë-Nal’ibali leesprojek, aangesien die opleiding deur Nal’ibali behartig word. Die vierde vennoot is Lima Rural Development Foundation wat  bystaan met implementering in die veld.


MURRAY & ME - Boeke nou in braille beskikbaar

MURRAY & ME - Boeke nou in braille beskikbaar

Toe die kinderboek maatskappy Murray & Me in 2015 hulle deure oopmaak, was die oogmerk om Afrikaanse prenteboeke van hoë gehalte te skryf en publiseer.  Min het die twee stigters Charmaine Nolte en Milan Murray geweet dat hulle twee jaar later hulle produkte in Engels én Braille sou vertaal.

Die voorstel om in Braille te vertaal het die Murray & Me span aangenaam verras. “Dit was Dr. Suna Verhoef van die Pionierskool op Worcester wat ons genader het”, onthou Charmaine.  “Sy was ‘n gas by die bekendstelling van ons tweede boek ‘Hetta Elizabetta...


Murray & Me - THE 3 INGREDIENTS TO SUCCESS

Murray & Me - THE 3 INGREDIENTS TO SUCCESS

Entrepreneur Charmaine Nolte and actress Milan Murray joined forces in 2015 to establish the Children’s Book Company Murray & Me.  Both these women have a keen sence of business as well as a love for books and language.

 Albei vroue het kinders in die grondslagfase en glo dit is die sleutel tot hulle verstaan van die kinderboek mark. 

 “It’s important to understand and know your product as well as the market” says Nolte, an experienced product developer and business owner.  Her focus on intensive research and sourcing makes it possible for the Murray & Me duo to...