Dear Valued Customers, as the year concludes, we want to express our gratitude for your continuous support. Our annual break is scheduled from 17 December to 15 January, during which our team will be recharging for the new year. While you can still place orders on our website, please be aware that order fulfillment will resume on 16 January 2024.

MEER AS EEN HOED OP JOU KOP | Internasionale Vrouedag 8 Maart 2018

“We need a Drop the Ball Movement” sê Tiffany Dufu, outeur van die boek Drop the Ball, waarin sy skryf dat werkende ma’s meer genade met hulleself moet hê.

 As jy ‘n ma en ‘n entrepreneur is, sal jy luidkeels saamstem.

 Murray and Me – van idee tot suksesvolle besigheid.

 Die skooltaak moet gedoen word, die kosblikke moet gesond wees, die media verslag moet uit, die verskaffer moet betaal word, die kraan lek, die tuin lyk verlate, die webblad moet ‘n nuwe blaadjie kry, die vertaling moet nagegaan word, die bestellings moet verpak word en die familie kom Sondag vir ete. 

 So gaan dit gereeld hier by Murray and Me.  Die klank van die drukker kompeteer met die klank van die kinderkanaal op TV.  Die reuk van lasagne vermeng met die reuk van ‘n splinternuwe boek.  En elke nou en dan kyk ons twee op en glimlag vir mekaar.  Daar is min dinge so lekker soos om jou eie baas te wees, en te doen waarvan jy hou. Dan maak ons sommer ‘n bottel sjampanje oop, klap die rekenaars toe en klink ‘n glasie op deursettingsvermoë en chutzpah. (En die wete dat ons wel eendag ons eie kantoor sal kan bekostig!)

 Meer en meer vroue waag dit om hulle entrepreneurs-skoene aan te trek.  Of dit nou hoë hakke of vellies is, ons doen dit met oorgawe, met mening en met ruggraat, en meeste dae in die hardloop!

 Murray and Me is 3 jaar gelede gebore, toe ons besluit het om kinderboeke te skryf en self te publiseer. 

Milan Murray Links & Charmaine Nolte Regs ( eienaars Murray & Me )

Milan Murray, Links & Charmaine Nolte Regs ( eienaars Murray & Me )

Dis ‘n uitdagende bedryf, en een waar groot name soos LAPA en Protea, NB en Tafelberg die weg baan.  Ons eie kinders verslind Jaco Jacobs se boeke, en verorber alles waaraan Piet Grobler raak, so die maatstaf waarmee ons onsself meet is lank.  Onsekerheid en twyfel vier baie dae hooggety waneer jy die klein vissie in die groot dam is.  Ons moes hard werk en baie navors.  Ons moes laataand werk en ekstra ure insit om seker te maak ons lewer goeie produkte en goeie diens.

 Ons het elkeen meer as een besigheid en meer as een kind.  Ons dra elke dag meer as een hoed.  Tydsbestuur is ons grootste vriend.  Die Parrot witbord en Google Calender werk oortyd.

 Ons illustreerder, Marisa du Toit is in dieselfde bootjie. 

Illustreerder Marisa Du Toit

As ma van 2, met ‘n voltydse fokus op haar eie kuns ateljee, het sy ook ‘n hele paar balle om in die lug te hou.  Middernag illustrasies is aan die orde van die dag.

 Maar kinderliteratuur en taal lê ons na aan die hart.  Stories vloei dik saam met die bloed in ons are. Skryf sal ons skryf.

 Dis met ‘n sug van vervulling, verligting en tevredenheid dat ons ons derde idioomboek op 1 Maart bekendgestel het. 

Kop in die Wolke in Kromkieriefontein

Dit was ‘n intieme fees. Kyk deur hierdie prag fotos van Lizelle Lötter.  Dit sal vir jou voel asof jy self daar was. En lig dan jou denkbeeldige glas op vroue, entrepreneurs en die wil om te waag.

KLIEK HIER VIR FOTOS :

Kop in die Wolke in Kromkieriefontein | BOEKBEKENDSTELLING

Older Post
Newer Post

1 comment

  • Ek haal my hoed vir julle af en deel in jul passie! Ek is in die onderwys en is gek oor oor Jul kinderboeke. Ek is lief vir my taal en julle bring ’n vars opgewondenheid vir ons jong lesers en ons tale onnies.
    Baie, baie dankie!

    Annemarie

Leave a comment

Please note, comments must be approved before they are published

Close (esc)

SUBSCRIBE TO OUR NEWSLETTER

We wont spam you, just a newsletter here and there

Age verification

By clicking enter you are verifying that you are old enough to consume alcohol.

Search

Shopping Cart

Your cart is currently empty.
Shop now