Idio | BORDSPEL GEBASEER OP IDIOME

Idio | BORDSPEL GEBASEER OP IDIOME

Regular price R 360

Gee kleur aan jou taal met hierdie plesierige idiomespel! Van die wegspring tot die wenpaal neem die oranje-en-groen roete jou op 'n opwindende pad van lag en leer.

Of jy nou die idioom vir jou spanmaats moet mimiek (geluide toegelaat!), teken, die regte antwoord uit 3 opsies kies of die idioom moet voltooi, uit-die-maag-lag en ‘n verryking van jou taal is gewaarborg.

Idio is ideaal vir tuisgebruik vir gesinne en groepe vriende. Dit is ook nommerpas vir gebruik in skole: onderwysers kan ekstra oemf gee aan taalklasse deur leerders in spanne te laat kaartjies vra aan mekaar vir ‘n prettige grootklas-aktiwiteit.

Idio – kom slaan die spyker op die kop!

 

Hoe werk hierdie plesierige idiomespel?

Op oranje blokkies neem jy ‘n kaartjie uit die “vele hande” boksie en doen ‘n span-aktiwiteit: óf jy moet die idioom vir jou spanmaats mimiek (geluide toegelaat!) óf jy moet dit teken binne ‘n tydsbeperking van 2 minute. Verbeel jou byvoorbeeld jy beduie dat jy nie ‘n gegewe perd in die bek moet kyk nie, of probeer teken hoe agter-os ook in die kraal kom… uit-die-maag-lag is gewaarborg! As die span op ‘n groen blokkie land, word ‘n kaartjie deur die ander span uit die "op eie houtjie" boksie gehaal – hulle lees dan vir jou die vraag op die kaartjie. Jy moet die regte antwoord uit 3 opsies kies of die idioom voltooi. Sit ‘n leerling byvoorbeeld aan die voete van Gamaliёl, Metusaleg of Nebukadneser? En waarin word ‘n stuiwer gegooi as jy iets te sê het oor ‘n onderwerp? Tydens elke aktiwiteit moet spelers ook die betekenis van die idioom probeer reg kry – sodoende bly effektiewe leer nie agterweё nie. Rooi en blou blokkies sorg vir die geluksfaktor – geleenthede vir weer speel en vorentoe skuif gee ‘n lekker hupstoot, terwyl gemiste beurte en ‘n paar blokkies se agteruit-boerdery die span lelik op hul neus kan laat kyk.

Idio is ideaal vir tuisgebruik vir gesinne en groepe vriende. Alle 10-plussers behoort heerlik saam te speel. Idio is ook nommerpas vir gebruik in skole: onderwysers kan ekstra oemf gee aan taalklasse deur die klas in spanne te verdeel. Dan kry elke spanlid ‘n aantal groen en oranje kaartjies om aan sy/haar span te verduidelik. Gee ‘n punt vir elke korrekte idioom en elke korrekte betekenis, tel die punte op, en siedaar, jy het jou wenspan! ‘n Verdere moontlikheid is om elke Afrikaanse les met ‘n kaartjie uit elke boksie te begin – ‘n blitsige opwarmer om selfs die traagste leerders geïnteresseerd te kry! Die kaartjies kan ook deur tuisgebruikers in die kar ingespan word om die lang vakansiepad so ‘n bietjie korter te maak.